Contra 30

 

Contra 30

 

my nefie sit en speel Contra 30
op sy TV game in die voorhuis
my pa hardloop in die gang af
my ma sleep haar voete stadig agterna
ek staan in die kombuis
my ma loop verby
die geur van garlic volg
haar sy kom terug en skuif die krale
wat in die kombuis-entrance hang
uit die pad uit
ek het met hom gepraat
sy try om sag of sensitief te wees
sy se hy sal nie weer aan jou vat nie
ek het hom sommer reguit gevra
wil jy jou eie kind opklim
ek sug en se ok ay
my pa kom in die kombuis
soos ’n kind wat suiker gesteel het
hy se sorry alles wat jy mos nou se
is die waarheid as jy so se
ek stap verby hom sonder om om te kyk
ek gaan sit in die voorhuis en kyk my nefie
wat Contra 30 speel
hy kom elke keer net halfway deur
die eerste stage voor hy sy dertig lewens verloor
dan moet hy weer van voor af begin

 

Ronelda S. Kamfer



Ronelda S. Kamfer is een Zuid-Afrikaanse dichteres en in Kaapstad geboren. Al op tienjarige leeftijd begon zij met het schrijven van gedichten. Nu heeft zij meerdere werken op haar naam staan en voor haar eerste bundel ontving ze in 2009, samen met de dichter Loftus Marais, de Eugène Maraisprijs.

Mocht u meer informatie over haar willen lezen, kunt u op writers unlimeted verder lezen. De link: https://www.writersunlimited.nl/deelnemer/ronelda-s-kamfer
 



Reacties

Populaire posts van deze blog